Heerlike Lentetee sorg weer vir groot bederf

Met die hitte wat Stellenbosch dié week skielik getref het, voel dit asof lente die Boland vanjaar heeltemal gemis het, maar die Bloemhoffers het oudergewoonte hul oumas en oupas genooi om die jaarlikse Lentetee by te woon en vir heerlike bederf gesorg.

Op Vrydag, 19 Oktober het kleindogters en hul grootouers vrolik in die skool se sentrum saamgekuier.  Accelerando, die skoolkoor, het opgetree en die Stringendo Strykensemble het vir die begeleiding van bekende liedjies soos “Sarie Marais” en “Dis heerlik lente” gesorg.

“Dis beslis ’n hoogtepunt in ons skoolkalender en die leerders doen baie moeite om dié dag vir hul oumas en oupas spesiaal te maak,” sê Katinka de Wet, Bloemhof se hoofdogter vir 2019.

Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos