Mej. Bloemhof 2018 gekroon

Kirsten Lourens is as vanjaar se mej. Bloemhof gekroon en sal tydens die 4M op 21 Februarie 2019 Bloemhof se Sjampanjenooi wees.

Mej. Bloemhof is vanjaar weer deur die VRL gereël, maar het tydens die graad 11-oorslaap voor Pretdag plaasgevind.  Die geleentheid was informeel en die 11 finaliste het in drie kategorieë die loopplank betree.  Eerste aan die beurt was “So sal jy my nie weer sien nie”, daarna moes die deelnemers hul gunsteling TV- of filmkaratker uitbeeld en uiteindelik in ‘n formele uitrusting verskyn.

Die drie beoordeelaars was mnr. Anthony Kitching en twee oudleerders – Cathanja Slabber (matriek 2015) en Lienke Brown (matriek 2017).  Maria Small-Smith, wat die die mej. Bloemhof-kroon in 2015 gedra het, was saam met Jana Liebenberg vanjaar se aanbieder.  

Amy Simons is as die eerste prinses en Mareli Hay as tweede prinses aangewys. Die 11 finaliste, wat almal in graad 11 is, was:

  • Katinka de Wet
  • Alexa Gennis
  • Mareli Hay
  • Jeannie Jooste
  • Kelsey Linders
  • Kirsten Lourens
  • Nina Stoeder
  • Margiet Smit
  • Elsabé Maree
  • Elsabé Viljoen
Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos