Lekkerlooproete bekendgestel
Malani Durand, Tiana Swanepoel, Greta Malan, Alyssa Vivier en Kristen Dry was deel van die graad 9's wat die lekkerlooproete beproef het. Foto: Stephan Meyer

Al hoe meer mense – Bloemhoffers inkluis – dra toestelle wat hul tree tel.  Indien name soos Fitbit, Garmin, TomTom, Polar of Suunto nie ‘n klokkie lui nie, het jou slimfoon sekerlik ‘n toepassing wat die telwerk doen. 

Op Donderdag, 27 September is Bloemhof se lekkerlooproete – ‘n sirkelroete op die skoolterrein – amptelik geopen.  Hierdie projek vorm deel van ‘n groter gesondheidsinisiatief wat deur die Universiteit van Stellenbosch van stapel gestuur is en deur Remgro, die Stellenbosch Akademie vir Sport (SAS) en CVS Construction ondersteun word.    

Bloemhoffers en hul ouers word aangemoedig om die 2 500 tree wat hierdie roete jou kan bied, te benut.  Die roete begin en eindig by die koshuishek. 

Bloemhof se lekkerlooproete is Donderdag, 27 September amptelik geopen.  Saam met die graad 9-leerders op die foto is me. Julie Longden, mnr. José Cabral (van SAS), me. Mariza Lubbe (van Remgro), mnr. Alex von Klopman (van CSV), me. Wilna van Heerden, mnr. Rob Benadie (van SAS) en me. Riana Engelbrecth (van die Universiteit van Stellenbosch).  Foto's:  Stephan Meyer 
Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos