LW-uitstappie sorg vir leer buite die klaskamer
'n Uitstappie bied aan leerders die geleentheid om die klaskamer te ontsnap, maar dit beteken nie noodwendig dat daar nié geleer word nie.  Op Donderdag, 13 September het die graad 10 Lewenswetenskappe-leerders die geleentheid gehad om op só 'n uitstappie te gaan.

“Ons was eers na die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin en daarna na die Iziko Museum in Kaapstad waar ons ‘n lesing deur dr. Eugene Bergh bygewoon het,” sê me. Ertru Hattingh.  Sy het saam met dr. Marcelle Geldnhuys en me. Reneé Bezuidenhout die leerders op hierdie uitstappie vergesel.

In Kirstenbosch is die verskillende biome en die plantaanpassings vir dié biome ondersoek, terwyl daar in die Iziko Museum na die geologiese bewyse van evolusie gekyk is.

“Die Iziko Museum was vir my baie indrukwekkend,” sê Saskia Marais.  “Ek het geleer dat daar lewe was al voor die dinosaurusse.”  Sy is van mening dat dit goed is om dit wat in die klaskamer in boeke gelees word, nou in die praktyk te sien en te ervaar. 

Vir Taymia Mazingani was die uitstappie baie opvoedkundig, “maar steeds baie pret en onvergeetlik.” Lize Louw stem saam en sê dat sy die uitstappie baie geniet het.  “Ons het ‘n gids in Kirstenbosch gehad wat vir ons die verskillende biome gewys het,” verduidelik sy.   

Liané Fouché is van mening dat die uitsig wat Kirstenbosch gebied het, die hoogtepunt was.  “Dit was so mooi, ek het vergeet dis ‘n akademiese uitstappie.”

‘n Uitstappie bied aan leerders die geleentheid om die klaskamer te ontsnap, maar dit beteken nie noodwendig dat daar nié geleer word nie.  Op Donderdag,  week het die graad 10-leerders wat Lewenswetenskappe neem die geleentheid gehad om op só uitstappie te gaan.

“Ons was eers na die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin en daarna na die Iziko Museum in Kaapstad waar ons ‘n lesing deur dr. Eugene Bergh bygewoon het,” sê me. Ertru Hattingh.  Sy het saam met dr. Marcelle Geldnhuys en me. Reneé Bezuidenhout die leerders op hierdie uitstappie vergesel.

In Kirstenbosch is die verskillende biome en die plantaanpassings vir dié biome ondersoek, terwyl daar in die Iziko Museum na die geologiese bewyse van evolusie gekyk is.

“Die Iziko Museum was vir my baie indrukwekkend,” sê Saskia Marais.  “Ek het geleer dat daar lewe was al voor die dinosaurusse.”  Sy is van mening dat dit goed is om dit wat in die klaskamer in boeke gelees word, nou in die praktyk te sien en te ervaar. 

Vir Taymia Mazingani was die uitstappie baie opvoedkundig, “maar steeds baie pret en onvergeetlik.” Lize Louw stem saam en sê dat sy die uitstappie baie geniet het.  “Ons het ‘n gids in Kirstenbosch gehad wat vir ons die verskillende biome gewys het,” verduidelik sy.   

Liané Fouché is van mening dat die uitsig wat Kirstenbosch gebied het, die hoogtepunt was.  “Dit was so mooi, ek het vergeet dis ‘n akademiese uitstappie.”

Uitstappies vind nie gereeld plaas nie, want die kurrikulum is baie vol en tyd laat nie altyd vir leer buite die klaskamer toe nie.  “Leerders doen biome as deel van die sillabus en by Kirstenbosch kan hulle spesifiek plante wat in verskillende biome voorkom, waarneem” sê me. Bezuidenhout, vakhoof vir Lewenswetenskappe.  “So ‘n uitstappie is dus nie ‘n onderbreking in die akademiese program nie, maar eerder ‘n uitbreiding daarvan.”  

Leerders doen biome as deel van die sillabus en by Kirstenbosch kan hulle spesifiek plante wat in verskillende biome voorkom, waarneem. So 'n uitstappie is dus nie 'n onderbreking in die akademiese program nie, maar eerder 'n uitbreiding daarvan.

Reneé Bezuidenhout
Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos