o.14’s wen Fast5
Van links na regs is Tiani Fourie, Helena Swart, Tilla-Marié Schreuder, Anja Hartogh, Lara Steyn, Lize de Villiers, Lara Steenkamp, Carla Janse van Rensburg en Nicolene van der Vyver (afrigter). Foto: Elizna Schreuder
Alhoewel die netbalseisoen tegnies verby is, het twee Bloemhofspanne verlede Saterdag (8 September 2018) aan Paarl Gimansium se Fast5-netbaltoernooi deelgeneem waar hulle puik gevaar het.

Die o.14-netbalspan het in dié toernooi se o.15-afdeling koning gekraai toe hulle vir HMS Paarl in die finaal 34:17 geklop het, terwyl die o.17’s derde geëindig het in hul ouderdomsgroep.  Hierdie spanne het onder andere teen die Hoërskool Parel Vallei, Paarl Gimnasium, HMS Paarl, Worcester Gimnasium en die Hoërskool Punt van Mosselbaai meegeding.  

Fast5 verskil van gewone netbal waar sewe spelers gewoonlik in vier kwarte van vyftien minute probeer om die meeste doele aan te teken.  Met die Fast5-toernooi kon slegs vyf spelers op ’n keer op die baan wees, kwarte was tot ses minute beperk en doele kon een, twee of selfs drie punte tel afhangende van waar die doel geskiet word.  Elke span kon ook ’n kwart kies waarin hul doele twee keer die hoeveelheid punte getel het.    

Bloemhof se o.14’s sluit hul netbalseisoen af met ’n wenkoers van 92,5% – uit die 40 wedstryde wat hulle vanjaar gespeel het, verloor hulle slegs drie. 

Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos