93% vir Accelerando by Gala Koorfees
Die Bloemhof Accelerando Koor tydens hul optrede in die Endler. Foto: Leon Piron

Om by die Gala-Koorfees van die Tygerberg Eisteddfod deel te neem, is ‘n groot prestasie in eie reg, want slegs die beste kore van die kunswedstryd word uitgenooi om weer by dié spesiale geleentheid deel te neem.

Op Vrydag, 7 September 2018 het die Bloemhof Accelerando Koor saam met vier ander hoërskoolkore die eer gehad om in ‘n stampvol Endler-saal op te tree waar hulle ‘n gemiddelde punt van 93% toegeken is.  Dit is slegs 0,5% minder as die wenkoor – Hoërskool Stellenberg se meisiekoor.

“Dit bly ‘n voorreg om deel van hierdie geleentheid te wees en ek is baie trots op ons meisies,” sê me. Marijke de Villiers-Roos, Accelerando se koorleier.

Die aand se volledige uitslae in die afdeling vir hoërskoolkore is as volg:

  1. Hoërskool Stellenberg (Meisies) – 93,5%
  2. Hoër Meisieskool Bloemhof – 93%
  3. Hoërskool Outeniqua – 92,8%
  4. Hoërskool Stellenberg (Seuns) – 91%
  5. Hoërskool Bellville – 90, 25%
Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos