o.14A-netbal onder top 5 in SA

Jong netbalspan wys hul vernuf teen SA se sterkste o.14’s

Bloemhof se o.14A-netbalspan, die enigste span wat vanjaar tot die SA Topskole Nasionale Netbalkampioenskappe se finale in Boksburg deurgedring het, het puik gevaar en ’n 5de plek verower. Die land se 24 beste hoërskool-netbalspanne ding jaarliks in Boksburg mee nadat daar in streeks- en provinsiale verband uitgespeel is.    

In hul groep wen die o.14’s drie wedstryde en speel een gelykop. Hulle dring na die kwarteindronde (top 8) deur waar hulle teen ’n gedugte span van Girls’ High die knie moet buig. Dis egter die enigste van sewe wedstryde wat hulle verloor en klop vir Paarl Gimnasium én Menlopark in die daaropvolgende wedstryde.

Die span word deur Nicolene van der Vyver, ’n oudleerder (2016) en voormalige kaptein van die o.18A-netbalspan afgerig.  Volledige tellings van die naweek se netbal volg hier onder.

Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos