021 887 3044
admin@bloemhofschool.co.za

6 Jun 2018

Oranje 2018: Voorlopige reëlings

Die HMS Bloemhof se kultuur- en sportspanne is deur die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje uitgenooi om vanaf 16 tot 18 Augustus 2018 aan die jaarlikse Bloemhof/Oranje-interskole deel te neem.

’n Voorlopige program asook die nodige reis- en verblyfinligting verskyn hier onder, maar is ook in hierdie brief via die d6-kommunikeerder deurgegee.

Vanjaar sal bus- en verblyfbesprekings aanlyn geskied:  Ons vra dat u die aanlynvorm aangaande vervoer- en verblyfreëlings sal voltooi deur na bit.ly/oranje2018 in u webblaaier te gaan.  Let asb. daarop dat álle leerders deur Oranje-leerders gehuisves sal word – meer inligting oor hierdie besluit kan hier gevind word.

Die beraamde koste is R1 225.00 per persoon.  Reëlings aangaande betalings sal volgende kwartaal aan ouers kommunikeer word.

Enige navrae kan aan me. Jenny King by jenny@bloemhofschool.co.za gerig word.


Voorlopige Program

WOENSDAG, 15 AUGUSTUS 2018

  • 21:30 | Koor-, tennis- en landloopleerders meld by busse aan | HMS Bloemhof (Kochstraat)
  • 22:00 | Koor-, tennis- en landloopbusse vertrek | HMS Bloemhof (Kochstraat)

DONDERDAG, 16 AUGUSTUS 2018

  • 03:00 | Leerders meld by busse aan | HMS Bloemhof (Kochstraat)
  • 03:30 | Sportbusse vertrek | HMS Bloemhof (Kochstraat)
  • 12:00 | Koor-, tennis- en landloopleerders word in Bloemfontein ontvang, uitplasing vind plaas | ML Spiessaal
  • 17:00 | Sportbusse arriveer in Bloemfontein en uitplasing vind plaas | ML Spiessaal
  • 19:30 | Kore se optredes begin | Odeion (UVS)

 VRYDAG, 17 AUGUSTUS 2018

  • 08:00 | Landloop | Juf. Abie Astro
  • 08:00 | Debat – voorbereiding vir junior- en seniorspanne | Rekenaarlokaal
  • 09:00 | Juniordebat | ML Spiessaal
  • 09:45 | Seniordebat | ML Spiessaal
  • 10:30 | Pouse
  • 11:00 | Kultuuroggend-optredes deur OMS en Bloemhof | ML Spiessaal
  • 11:00 | Tennis | OMS Tennisbane
  • 14:00 | Tafeltennis | Gimsaal
  • 14:00 | Hokkiewedstryde begin | Juf. Abie Astro
  • 17:00 | Hokkie o.19A | Juf. Abie Astro

SATERDAG, 17 AUGUSTUS 2018

  • 08:00 | Hokkie- en netbalwedstryde | Astro en netbalbane
  • 13:30 | Busse vertrek na Stellenbosch | Oranje Hoofhek
  • 03:00 | Busse arriveer in Stellenbosch | HMS Bloemhof (Kochstraat)

Vervoer

Intercity sal die busse verskaf en leerders moet reeds 30 minute voor die vertrektyd aanmeld.  Let op die volgende vertrektye:

  • Woensdag, 15 Augustus 2018 | Koor-, tennis- en landloopbusse vertrek om 22:00 vanuit Kochstraat.
  • Donderdag, 16 Augustus 2018 | Sportbusse vertrek om 03:30 vanuit Kochstraat.
  • Saterdag, 18 Augustus 2018 | Busse vertrek om 13:30 vanaf OMS se hoofhek na Stellenbosch.

Verwagte aankomstyd in Stellenbosch is om 03:00 op Sondag, 19 Augustus 2018.


Verblyf

Alle Bloemhof-leerders word deur Oranje-leerders en hul ouers gehuisves. GEEN privaatverblyf in gastehuise, hotelle, AirBNB’s ens. word toegelaat nie.

Hierdie besluit is na deeglike besinning ná die interskole in 2016 geneem om die uitruil se effektiwiteit te bevorder en ons leerders se veiligheid te verseker.  Vir meer inligting hieroor, sien gerus hierdie skrywe deur die skoolhoof.


Deelnemende spanne

LANDLOOP

Span van 10 atlete

TENNIS

o.19A, o.19B, o.15A

DEBAT

Drie juniors en drie seniors

KOOR

Alle lede van Accelerando

NETBAL

o.14A–D, o.15A–D, o.16A–D, o.17A–B, o.18A–C

HOKKIE

o.14A–B, o.16A–D, o.19A–C


Kleredrag

Woensdag / Donderdag op die bus
Sweetpak en reënbaadjie

Vrydag
Oggend: Uitstapdrag, Middag: Uitstapdrag of sweetpak

Saterdag
Oggend: Uitstapdrag of sweetpak

Saterdag op die bus
Sweetpak en reënbaadjie

Lewer kommentaar