Landloop tans tops in liga

Aan die einde van die kwartaal getuig Bloemhof se landloopspanne van harde werk wat vrugte afwerp.  Beide junior- en seniorspanne lê na vier byeenkomste eerste in die skole-liga met die HMS Paarl wat tweede is.  Die puntetellings is as volg:

Slegs die eerste 10 atlete kan vir hul skool punte aanteken: 10 punte word vir ’n eerste plek toegeken, 9 punte vir ’n tweede plek ens.  Die tiende atleet verwerf dus een punt met ’n totaal van 55 punte wat per byeenkoms beskikbaar is.

Die eerste byeenkoms van die seisoen – aangebied deur Hugenote Hoërskool in Wellington – was ’n aflosbyeenkoms waar atlete twee-twee per span deelgeneem het.  Die res het die gewone 4km-formaat aangeneem met veral die byeenkoms van 9 Mei wat vir goeie resultate gesorg het:  die seniors palm 36 van die 55 punte in!

Vanjaar is daar veral baie belangstelling onder die junioratlete en ons moedig leerders aan om by hierdie sportsoort betrokke te raak. Die vier byeenkomste se individuele uitslae verskyn hier onder.

Laai hierdie uitslae hier af.

Carli Jacobs warm op voor die PRG-byeenkoms waar sy ‘n 3de plek behaal het.

Christi Noades, graad 9, het tot op hede die meeste punte (25) vir die juniors bygedra.

Die seniorspan maak gereed om weg te spring.  Seuns en dogters hardloop saam, maar word apart bepunt.  

Cimòn van der Westhuizen (graad 10) het 10 punte vir die Bloemhoffers ingepalm toe sy die PRG-byeenkoms gewen het.  Kort op haar hakke is Christine Grobler (4de) gevolg deur Azrea Sylvester (7de).

 

 

Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos