Uitslae: La Rochelle

Die laaste groot sportdag vir kwartaal 2 was die jaarlikse kragmeting tussen Bloemhof en die HMS La Rochelle waar die Bloemhoffers grootendeels wegholoorwinnings geniet.

Die A- en B-netbalspanne speel op Dinsdag, 15 Mei by La Rochelle weens die eerste ronde van die Wes-Kaapproewe wat op 18 en 19 Mei plaasvind.  Die o.18 A-netbalspan wen met ’n telling van 28:16, maar dis veral die o.15’s wat op die baan skitter – die o.15B-span wen met 28 doele sonder dat Larries ’n enkele punt aanteken.

Die o.14’s en o.15’s se C- en D-spanne speel op Saterdag, 19 Mei by Bloemhof en verloor nie ‘n enkele wedstryd nie.  Ook die o.18C span palm ‘n merkwaardige oorwinning van 33:4 in.

  Zanél Holwill, doelspeler vir die o.14C-netbalspan, mik vir die doelpaal. Hierdie span wen 27:2. 

Op die astro sukkel La Rochelle om deur die Bloemhof-verdediging te breek en behalwe vir die o.14C-span, wat met ‘n telling van 0:1 verloor, keer die Bloemhoffers alle pogings deur Larries om punte aan te teken.  Die o.14B’s speel sonder enige doele gelykop, maar al sewe oorblywende wedstryde sorg vir Bloemhof-oorwinnings.

Die Bloemhof Investec Eerste Hokkiespan wen 9:0 en stuur die Paarliete behoorlik met die kous oor die kop terug huis toe.

Amé Strauss, kaptein van die Bloemhof Investec Eerste Hokkiespan, stuur die bal na die doelhok vir nóg ‘n doel.  Hulle klop vir La Rochelle 9:0.  

Opsommings van die netbal- en hokkie teen La Rochelle lyk as volg:   

Die volledige uitslae is as volg, maar kan ook hier afgelaai word:

 

NETBAL

o.14A wen 16:8

o.14B speel 12:12 gelykop

o.14C wen 27:2

o.14D wen 19:6


o.15A wen 32:14

o.15B wen 28:0

o.15C wen 27:4

o.15D wen 20:0


o.16A wen 21:10

o.16B wen 26:4


o.17A wen 18:15

o.17B wen 21:15


o.18A wen 28:16

o.18B wen 20:13

o.18C wen 33:4


HOKKIE

o.14A wen 3:0

o.14B speel 0:0 gelykop

o.14C verloor 0:1


o.16A wen 2:0

o.16B wen 4:0

o.16C wen 5:0


o.19A wen 9:0

o.19B wen 4:0

o.19C wen 2:0


Die volgende groot sportdae vir kwartaal 3 is:

  • Sportdag teen HMS Paarl
    Vrydag, 20 en Saterdag, 21 Julie 2018
    tuis | HMS Bloemhof
  • Wintersweek teen Rhenish GHS
    Woensdag, 25, Donderdag, 26 en Vrydag, 27 Julie 2018
    tuis | HMS Bloemhof
  • Interskole teen C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
    Vrydag, 17 en Saterdag, 18 Augustus 2018
    weg | Meisiekool Oranje, Bloemfontein
Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos