Bloemhoffers blink uit in Botswanna

Trippel goud en silwer vir Bloemhof in Gabarone

Twee Bloemhoffers, Rochelle Pienaar (graad 10) en Lize-Alet Morkel (graad 12) het oor die Vrydheidsdag-langnaweek in April aan die finaal van die Botswanna ITF in Gaborone deelgeneem waar hulle teen mekaar in die finaal gespeel het.

Dit is die tweede keer vanjaar dat dié seldsame gebeurtenis – waar twee leerders van dieselfde skool mekaar in die finaal van ’n groot tennistoernooi pak – plaasvind.  Vroeër in April het Lize-Alet teen Corin de Waal (ook graad 12) in die finaal van Tennis Suid-Afrika se nasionale kampioenskappe gespeel.

Lize-Alet tree ook in die Botswanna-finaal as die wenner uit die stryd nadat sy vir Rochelle 6-4 en 6-4 wen.  In die dubbels is dié twee egter aan dieselfde kant van die net en wen met ’n telling van 7-5 en 6-4.

Bloemhof spog vanjaar met ‘n aantal tennisspelers wat op TSA se top 10-ranglyste* is:

TSA Top-10 vir o.19-vroue:

1:  Lize-Alet Morkel
5:  Corin de Waal
7:  Rochelle Pienaar
8:  Bianca Wolmarans

TSA Top-10 vir o.17-dogters:

3. Rochelle Pienaar
4. Bianca Wolmarans

* soos op 17 Mei 2018

bo:  Lize-Alet Morkel, tans 1ste op die TSA se top 10-ranglys vir o.19-vroue. (foto: Leon Piron)  

bo:  Rochelle Pienaar, tans 7de op die TSA se top 10-ranglys vir o.19-vroue en 3de op die ranglys vir dogters o.17.  (foto:  Leon Piron)   

Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos