021 887 3044
admin@bloemhofschool.co.za

o.16B-netbalspan wen Champions Cup!

B-span wen Kaapse A-spantoernooi ten spyte van sterk kompetisie

Toe Bloemhof se o.16B-netbalspan in hul laaste groepswedstryd by die Rustenburg Girls’ High School se Champions Cup (27-29 April 2018) teen Rhenish se o.16A-span te staan kom, was dit wen of weg.  ‘n Oorwinning was nodig om deel van die top 4 – en dus een van die semifinaliste – te bly.

In dié naelbyt-wedstryd slaag hulle tog daarin om ‘n oorwinning van 15:12 oor ons buurskool aan te teken en dring deur na die halfeindronde waar hulle weer teen Reddam Constantia kragte meet.

“Ons was natuurlik op ons hoede, want in die groepswedstryde het ons juis teen Reddam en Herschel verloor.  En hier is dit weer ons teen hulle,” sê me. Renée Bezuidenhout, die o.16A’s en -B’s se spanbestuurder.

Reddam se A-span word in hierdie tweede kragmeting 22:19 geklop sodat die Bloemhoffers na die finaal deurdring.  Ook hier is die kompetisie straf, maar met ‘n telling van 14:11 wen die o.16B’s Herschel se A-span en word as die toernooi se netbalkampioene gekroon.

“Dis ‘n ongelooflike oorwinning vir Bloemhof en wys dat ons B-spanne net soveel talent en diepte het,” meen me. Almaré van der Vyver, sportbestuurder vir netbal.  “Baie geluk aan hul afrigter, Frieda Kemp, en ‘n woord van dank aan die spelers en hul ouers wat die langnaweek prysgegee het om Bloemhof se naam hoog te hou.”

Die span het 14 wedstryde gespeel waarvan hulle 11 – 78,5% – gewen het.  Die volledige uitslae is as volg:

 

Voor v.l.n.r. is Elsje de Villiers, Nerine de Vos, Hayli Joubert en Minique Liebenberg.

Agter is me. Wilna van Heerden (skoolhoof), Michelle Theron, Christelle Koetsier, Morgan Botha, Uma Schreuder, me. Reneé Bezuidenhout (spanbestuurder) en me. Frieda Kemp (afrigter).

 

Deel hierdie plasing
WhatsApp
Facebook
Twitter
Google+
Tumblr
LinkedIn
Pinterest
Druk
E-pos