Bloemhof se B, C en D-hokkiespanne het op 25 April die geleentheid gehad om spanne van  Hoërskool Stellenbosch op die Bloemhof Investec Astro aan te durf en daarin geslaag om vier van die vyf wedstryde te wen.

Die o.19C’s het ’n sterk Stellenbosch Eerste Hokkiespan aangedurf en was teen halftyd met twee doele agter.  Ten spyte van ’n brawe poging waarin Nienke Burger Bloemhof se enigste doel aangeteken het, is dit egter Stellies wat met ’n telling van 1:3 die wedstryd wen.

Die volledige uitslae is as volg:


o.14B wen 2:1 teen HSS o.14A

o.16B wen 3:1 teen HSS o.16A

o.16C wen 8:0 teen HSS o.16B

o.19C verloor 3:1 teen HSS o.19A

o.19D wen 2:1 teen HSS o.19B


Laai hierdie uitslae hier af.