Vanjaar het Bloemhof se hokkie- en netbalspelers oudergewoonte ingeskryf om aan proewe vir Boland-spanne deel te neem en die uitslae van die eerste ronde is bekend.

‘n Totaal van 13 Bloemhoffers is gekies om aan die volgende uitspeelrondes van Boland Hokkie se ITP-proewe deel te neem, terwyl ‘n rekordaantal leerders – nie minder nie as 26 – gekeur is om aan die Boland-Sentraal se uitspeelronde vir Boland Netbal deel te neem.

HOKKIE

Drie o.16-leerders – Jeannelle Baard (hokkie-foto hier bo), Eljah de Wet en Gabi Coetzee – sal op 2 en 3 Mei weer die kans kry om te beïndruk, terwyl 10 o.19-spelers in die daaropvolgende week aan die beurt is.  Hulle is Emma Bekker, Carli Claassen, Chené de Wet, Michaela Doubell, Marli Ehlers, Mishka Ellis, Elsabé Maree, Amé Strauss, Jolie Voges en Marga Wahl.

NETBAL

Vanjaar is daar veral baie o.14, o.15 en o.16-Bloemhoffers wat aan die netbalproewe vir Boland-Sentraal gaan deelneem.  Dit strook met hierdie spanne se goeie uitslae van die afgelope naweek teen die gedugte Paarl Gimnasium waar al drie hierdie A-spanne Gim die loef kon afsteek.  Spelers wat op 4 Mei vir ‘n plek in ‘n Bolandspan gaan deelneem, is:

o.14
Lize de Villiers, Tiani Fourie, Anja Hartogh, Carla Janse van Rensburg, Tilla-Marie Schreuder, Lara Steyn, Lara Steenkamp en Helena Swart

o.15
Augusta-Mari Dercksen, Ferran Linders, Ané Jooste, Greta Malan, Linda Mentz en Lenka Steenkamp

o.16
Sibella Barnard, Anje Dercksen, Lisa Kruger, Minique Liebenberg, Azrea Sylvester en Emma-Louise van der Sandt

o.17
Danica Fourie (netbal-foto hier bo), Jana Liebenberg en Jeannie Jooste

o.18
Jadé Carnow, Nina Pretorius en Zàn-Mari Röth

Ons wens hierdie 39 leerders baie stekte toe!