Die afgelope naweek se sport teen die gedugte Paarl Gimnasium het vir gemengde resultate gesorg.  Beide eerstespanne buig die knie voor die Paarliete met die o.18A-netbalspan wat 29:34 en die o.19A-hokkiespan wat 1:2 verloor.  In beide gevalle was die spanne teen halftyd gelykop.  Uiteindelik slaag die netbal daarin om 40% van hul wedstryde te wen, terwyl die hokkie slegs in 27% van hul wedstryde die oorwinning behaal.

Dis egter die juniorspanne wat beïndruk.  Op die astro is die o.14A’s die enigste span wat twee doele aanteken om 2:1 te wen, terwyl vier van die ses o.14-netbalspanne oorwinnings inpalm.

Twee netbalspanne wat spesiale melding verdien, is die o.15A’s – hul wegholoorwinning van 28:7 was pragtig om te aanskou – en die o.16E’s, wat Paarl Gim se o.17E’s met drie doele kon klop.

Laai die volledige uitslae hier af en kry foto’s van die naweek se netbal en hokkie nou onder “foto’s”.  Die individuele spanne se uitslae is as volg:

NETBAL

o.14A wen 21:11

o.14B wen 20:4

o.14C verloor 13:15

o.14D verloor 6:21

o.14E wen 13:7

o.14F wen 15:4


o.15A wen 27:8

o.15B verloor 13:17

o.15C wen 18:9

o.15D verloor 16:20

o.15E wen 15:6

o.15F verloor 7:9 teen Gim o.15E


o.16A wen 25:9

o.16B speel 17:17 gelykop

o.16C wen 19:11

o.16D verloor 16:20

o.16E wen 18:15 teen Gim o.17E

o.16F verloor 7:14 teen Gim o.17F


o.17A verloor 7:28

o.17B verloor 7:42

o.17C verloor 13:26


o.18A verloor 29:34

o.18B verloor 9:34

o.18C verloor 8:11

o.18D verloor 11:13


HOKKIE

o.14A wen 2:1

o.14B verloor 0:3

o.14C verloor 0:2


o.16A verloor 0:2

o.16B verloor 0:2

o.16C speel 0:0 gelykop

o.16D wen 1:0


o.19A verloor 1:2

o.19B verloor 2:0

o.19C wen 1:0

o.19D speel 0:0 gelykop